Vrese oor finansiële onsekerheid

 Ek dink ek is soos heelwat ander mense oortuig dat die meeste spanning by mense veroorsaak word as gevolg van finansiële redes. Dit vorm so ‘n belangrike kern van ons daaglikse bestaan dat die meeste van ons besluitneming meesal bepaal word op grond van die beskikbaarheid en die versameling van finansies. 

Daar is diegene wat die versameling van finansies, eerlik, opreg en met die nodige integriteit benader en hanteer, en dan weer mense wat geld was, steel en moor in hulle poging om finansies te versamel. Wat is die oorsaak dan van mense se daaglikse ervaring om finansiële druk te verlig? 

Daar is drie hoof fases in ‘n mens se lewe naamlik die kinder-, opvoeding en opleidingsfase, dan die arbeidsmarkfase en laastens die aftreefase. Ek vergelyk dit as volg, die situasie 30 jaar gelede (Tagtiger jare) en die situasie vandag. 

Wat leer ons uit die bogenoemde inligting? 

  1. Inkomstes het relatief dieselfde gebly, inflasie in ag genome, maar uitgawes het heelwat toegeneem. 
  2. Baie meer druk word nou op families geplaas aangesien beide ouers nou meesal ‘n inkomste moet verdien. 
  3. Ons kan nie verwag dat 1.8 kinders wat nou per familie gebore word vir die 3.7 kinders per familie wat nou aftrede nader, sorg nie. Die som sal nooit klop nie. 
  4. ‘n Gebrek aan finansies om aan die basiese behoeftes van die meeste inwoners in ons land te voorsien, veroorsaak verhoogde vlakke van misdaad. 
  5. Misdaad is die hoofrede waarom ons self deesdae ons kinders rondry en openbare vervoer vermy. 
  6. Mense raak nou ouer as wat 30 jaar gelede die geval was as gevolg van mediese ontwikkeling, en meer inligting is tot almal se beskikking as gevolg van die internet. 
  7. Ons kinders van vandag se gemiddelde lewensverwagting is heel waarskynlik reeds 83 jarige ouderdom, die druk gaan dus net toeneem. 

 

Wat is die gevolge hiervan? 

  1. Ons word gedwing om bereid te wees om harder te werk en meer tyd in te sit. 
  2. Ons moet self werksgeleenthede vir ons kinders skep. 
  3. Baie meer mense word gedwing om entrepreneurs te word. 
  4. Ons moet alle moontlike geleenthede benut om ons inkomstes aan te vul. 
  5. Ons moet leer om onsself te dissiplineer deur ons lewens en finansies sorgvuldiger te beplan. 

 

Ek heg vir u nog ‘n dokument aan met die titel “9 Habits of Profoundly Influential People”. 

Lees dit gerus, ek kan u waarborg dat hierdie mense se finansiële beplanning dissiplines almal in plek is en dat dit gereeld hersien word en hulle dring daarop aan om direk vir hierdie advies te betaal. Hulle besef dat finansiële produkte alleen nie die enigste oplossing verskaf nie en daarom verkry hulle volledige finansiële advies. Hulle is ook geduldig en bereid om te wag om goeie resultate te ontvang, selfs al word hulle tot die uiterste getoets weens korttermyn faktore.