Een van ons kliënte het sowat ‘n week of twee gelede by my besoek afgelê by ons Moorreesburg kantoor. Die oggend was daar blykbaar op die RSG radiostasie ‘n gesprek oor waar mens jou belangrike dokumente moet bewaar en die woord “Langboomboekie” is toe genoem.
U weet ons bied al jare lank die geleentheid aan ons kliënte om hulle Langboomboekie vir hulle op datum te hou en ons is behulpsaam daarmee, veral ook as ons ons kliënte se testament opgestel het en ons hulle boedels moet beredder.
Ek is as lid van die Finansiële Beplanningsinstituut van Suider Afrika en van die Fidusiêre Instituut van Suider Afrika, daagliks gemoeid met hierdie take in samewerking met ons personeel.
Ons kan dus ‘n omvattende diens aan ons kliënte lewer en deur rekordhoudig u “Langbomboekie” op datum hou. Ons het egter die samewerking van uself nodig om dit te maak werk, want as daar samewerking is, het ons die nodige bewyse dat dit ons al minder as 6 maande geneem het om sulke kliënte se Likwidasie en Distribusierekeninge by afsterwe te voltooi, in te stuur na die Meester en ook die bates aan die erfgename verdeel het.
Die geheim lê in samewerking tussen ons en ons kliënte, en dit is waar dat alle kliënte se boedels nie binne 6 maande afgehandel kan word nie weens faktore buite ons beheer, maar ons leer en strewe altyd daarna om struikelblokke uit die weg te ruim of nog beter, om dit te vermy.
Hier onder volg ‘n lys van belangrike dokumente en inligting wat nodig is om self te bewaar en vir ons die afskrifte van te stuur vir bewaring, sodat ons u beter en meer koste doeltreffend kan help. Die lys is nie noodwendig volledig nie, maar ons neem aan u kry die idee van wat daar moet wees.
- Duidelike ID met 3 handtekeninge op
- Bewys van Huisadres nie ouer as 3 mnde
- Bewys van Bank nie ouer as 3 mnde
- Power of Attorney
- Ouers se volle name & ID nommers
- Korttermynversekering (altyd die nuutste skedule)
- Computershare Aandele
- Linked Investment Services Aandele
- Ander Aandele verhandelingsrekeninge
- Lys van Bank Beleggings
- Lys van alle bank en kredietkaartrekeninge
- Huweliksertifikaat
- Huwelikskontrak
- Egskeidingsbevele
- Egskeiding Skikkingsaktes
- Lys van vorige gades se name en ID nommers
- Lys van begrafnispolisse
- Lys van beleggings (anders as banke)
- Afskrifte van Vuurwapenlisensies
- Afskrifte van Voertuig registrasiedokumente
- Afskrifte van Eiendom Titelaktes
- Afskrifte van Verbandlenings: Eiendomme
- Afskrifte van Huurkoopooreenkomste
- Afskrifte van ander lenings bv. Persoonlik
- Afkrifte van Borgstellings
- Gade en kinders se name en ID nommers
- Kontakbesonderhede van naaste familie
- Volle name en adresse van erfgename
- Kontakbesonderhede van erfgename
- Mediese fonds inligting
- Gap cover inligting
- Aftreefonds en Groepskema inligting
- Kontakbesonderhede van Aftreefonds
- Inkomstebelasting nommer
- BTW nommer
- UIF nommer
- LBS nommer
Indien u ‘n oprigter, begunstigde of trustee is op een of meer trusts en indien u ‘n alleeneienaar is van ‘n onderneming, ‘n lid van ‘n BK, ‘n vennoot in ‘n vennootskap of ‘n aandeelhouer van ‘n maatskappy is, benodig ons nog verdere inligting en of dokumentasie.
Laat weet dus gerus of u so ‘n “Langboomboekie” by ons wil open.
Vriendelike groete