Ek verwys na my brief gedateer 26 Oktober 2022 oor die Administrasie en Onderhoud van Trusts.
Verdere vereistes vereis nou dat trustees onmiddellik optree.
Die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling het op 31 Maart 2023 na normale besigheidsure ‘n spesiale Regulasiekoerant No 11566 in Staatskoerant No 48351 uitgereik. Die Staatskoerant bevat die wysigings aan die regulasies kragtens die Wet op die Beheer van Trustgoedere, 57 van 1988 (die Wet), wat uitvoering gee aan die wysigings aan die Wet deur die Wysigingswet op Algemene Wette (Teen Geldwassery en Bekamping van Terrorismefinansiering), 22 van 2022 (die Wysigingswet) en is vanaf 1 April 2023 van krag.
Hierdie regulasies stipuleer onder andere die inligting oor ‘n “voordelige eienaar” soos omskryf in die Wysigingswet wat ‘n trustee moet aanteken en in ‘n register moet hou en moet oplaai na ‘n elektroniese register by die Meester van die Hooggeregshof.
Al die trusts waar ons as onafhanklike trustee optree, moet daaraan voldoen en ons stel die volgende stappe voor om die rekords op te dateer en in stand te hou. Neem asseblief kennis dat dit ‘n trustee se verantwoordelikheid is en nie dié van die rekenmeester of ouditeur nie.
1. Die volgende inligting moet vasgelê en in stand gehou word op die Voordele-eienaarskapregister en die meeste van hierdie inligting moet op die Meester se Portaal vasgelê word.
URN NOMMER |
TRUST NAAM |
LEÊR NOMMER |
GRONDE WAAROP / BEVOORDEELDE EIENAAR VAN TRUST |
VOLLE NAME EN VAN / ENTITEIT NAAM |
GEBOORTE DATUM |
ID TIPE |
ID / PASPOORT / REGISTRASIE NR. |
NASIONALITEIT |
BURGERSKAP |
GEREGISTREERDE BELASTING BETALER BELASTING NOMMER |
WOONADRES |
DOMICILIUM ADRES |
E-POS ADRES |
KONTAK NOMMER. (SEL) |
DATUM WAT VOORDEEL EIENAAR VAN TRUST WORD |
DATUM HET OPHOU OM VOORDEEL EIENAAR VAN TRUST TE WEES |
2. Voordat ons dit egter kan doen, benodig ons ‘n Notule Besluit deur die trustees en ‘n Volmag van die gemagtigde persoon wat onderteken moet word voordat ons die inligting volgens die POPI-wet kan oplaai.
3. Ons sal vir jou die resolusie en volmag stuur via Quickly sign om tyd te bespaar.
4. By ontvangs van elke trust se dokumente sal ons die nodige dokumente oplaai soos vereis.
Ons benodig al die trusts waar ons die onafhanklike trustee is om sonder verdere vertraging met ons saam te werk om so gou moontlik aan die vereistes te kan voldoen.
Onthou asseblief dat dit ‘n deurlopende proses is en nie ‘n eenmalige poging sal wees nie. Hiermee stuur ons ook die kennisgewing wat in die Staatskoerant gepubliseer is.
Laat weet ons asseblief indien u enige vrae het.