Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens is besig om oudits te doen en ondersoek in te stel oor die administrasie en belasting van trusts. Dit is ‘n bekende feit dat die geldigheid van trusts bloot deur geldige trustee notules bepaal word eerder as bygewerkte finansiële jaarstate. Baie uitsprake in hofsake in die verlede is slegs ‘n bewys hiervan waar trustbates as persoonlike bates hanteer is en alle trust voordele verbeurd verklaar is.
Wat in die praktyk gebeur, is dat finansiële state op ‘n jaarlikse basis voltooi word en al die transaksies van die trusts word nie duidelik gerugsteun deur behoorlike notules deur die trustees nie. Om net ‘n paar te noem, ouditeure en rekenmeesters doen hul besluite op grond van finansiële state, prokureurs doen hulle s’n op grond van eiendomstransaksies, ens. Verder word bates in trusts gekoop, instandhouding op trust eiendomme gedoen, rekeninge word deur die trusts betaal, en 95% van die tyd word geen besluite in notules opgeneem, gestoor en geargiveer nie.
Die hoofdoel van trusts is om bates te beskerm en boedel-, oordrag-, kapitaalwins- en inkomstebelasting te verminder, maar sonder die behoorlike administrasie en instandhouding van die bateregister en die trustee resolusies kan u trust as ‘n bedrogspul verklaar word en bates onbeskermd gelaat word.
Dit is die plig van alle trustees om trusts behoorlik te administreer of hulle kan persoonlik aanspreeklik gehou word vir onbehoorlike optrede en baie dikwels vir die versuim van hul verantwoordelikheid.
Ons by Paarl African Trust / Paarl African Advisory (Paarl African Group) stel die volgende oplossings voor om hierdie administratiewe vereistes te oorkom:
1. Elke trust moet ‘n ouditeur / rekenmeester hê. Alle trust finansiële state hoef nie geouditeerde finansiële state te wees nie.
2. Elke trust benodig ‘n onafhanklike trustee.
3. Elke trust moet ‘n bankrekening hê, en om behoorlike administrasie te doen, moet alle transaksies van trusts deur die trust se bankrekening vloei.
Ons voorgestelde oplossing:
1. Ons moet seker maak dat elke trust van ons kliënte sy doel dien en op datum is met die mees onlangse wetgewing.
2. Ons versoek dat die bankstate maandeliks aan ons gestuur word, eerstens om die bateregister op datum te hou, tweedens om notules voor te berei en te onderteken (selfs al is dit deur ander partye gedoen, soos rekenmeesters, banke, prokureurs, ens.) en derdens om die notule- en bateregister op datum te hou en om al die ondertekende besluite te liasseer en te argiveer.
3. Vergaderings (indien die trust instrument dit toelaat) kan elektronies gehou word en besluite sal aan trustees gestuur word via elektroniese ondertekening sagteware wat vinnig en gerieflik is.
4. Ons sal ook sorg vir die voltooiing van die finansiële jaarstate en die liassering daarvan.
Om ons plig as onafhanklike trustee van u trust na te kom, het ons geen ander opsie as om te vereis dat alle trusts waar ons as trustee betrokke is, aan hierdie vereistes moet voldoen. Dit die enigste
manier om te verseker dat ons kliënte se trusts aan al die vereistes voldoen om geldig en behoorlik geadministreer te wees.
Verwys asseblief na ons tariewe vir hierdie dienste as en u is welkom om ons te kontak indien u enige vrae in hierdie verband het.